Gereformeerde kerk Witpoortjie

Die Gereformeerde kerk Witpoortjie is die tweede jongste gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die Wes-Randse stad Roodepoort. Die gemeente het op 8 Oktober 1972 van die Gereformeerde kerk Roodepoort afgestig, wat op sy beurt in 1957 van die Gereformeerde kerk Florida afgestig het, ’n dogtergemeente van Krugersdorp (1898), die oudste Gereformeerde kerk aan die Witwatersrand. Witpoortjie se kerkraad het onmiddellik begin beplan vir kerkbou. Dienste is eers in die Laerskool Dr. Havinga gehou terwyl die kerkgebou in aanbou was. Dié gebou is opgerig volgens gewysigde planne van die Gereformeerde kerk Alberton-Wes. Lucas van der Schyff het die strukturele planne opgestel en die bouaannemer was ene Wilken. Die verandering aan Alberton-Wes se plan het die aanbou van ’n kerksaal behels. Dié gebou is op 2 Augustus 1975 amptelik ingewy.


Developed by StudentB